Moenie weggaan nie

Moenie weggaan niet (gedeelte)

Credits
Alice Altink: zang & percussie
Han Hesselink: piano
Oeds Bouwsma: bas
Gertie Bruin: accordeon

Muziek: Jaques Brel
Tekst: Fanus Rautenbach

Tekst
Moenie weggaan nie, jy moet liewer vergeet
Maar jy moet net onthou   
Verby is verby wis uit die tyd , van misverstand
En die tyd verspil die aanhou probeer
Om te vergeet van die weggaantyd gister het gebeur
Moenie weggaan nie moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie moenie weggaan nie

Maar ek belowe jou nou: gepêrelde dou
Juwele van reën want so word ons een
Ek sal die aarde verskuif tot lank na myn dood
Met glans jou beklee in goue lig doop
Ek geef jou ’n ryk waar die liefde regeer
Soos die liefde ons leer in ons klein koninkryk
Moenie weggaan nie moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie

Kom luister na my in elke-dag-taal
Vertel ek vir jou ’n liefdesverhaal
Twee mense leer twee harte versmelt
Een liefde ontvlam ’n tweede keer
Ek vertel ’n verhaal van ’n koning se nood
Hy sterf van sy liefde want weggaan is dood
Moenie weggaan nie moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie moenie weggaan nie

Het jy al gesien hoe ’n verkluimde vulkaan
Wat afgeleef lyk aan die brand kan slaan
Ek dink dit is waar ’n veldbrand wat brand
Maak ryker die oes as ’n ryk somersjaar
En kom die nag verhelder die lug
As die rooi en die blou in die aandskemer trou
Moenie weggaan nie moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie moenie weggaan nie

So min bly nou oor ek huil nie meer
Ek praat nie meer nie ek wil nie meer nie
Ek is nie meer nie die lewe is leeg
Is leeg sonder jou maak my die skaduwee van jou skadu
Maak my die eggo van die woorde uit jou mond
Van jou voetstap op die grond
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie